25 Augustus 2010: Draadharte

Swart draadhartjie

Dit kos natuurlik 'n bietjie oefening om dit so professioneel te laat lyk soos die draadgoed wat 'n mens by die kunstenaars langs die pad koop – maar wie nie waag nie wen nie.

Jy benodig:
Draad, dun genoeg om maklik met die hand te buig
Tang
Spuitverf
Versierings

Begin deur jou basiese hartvorm te buig, maar moenie die draad afknip nie.  Werk net so van die rol af en draai die los punt stewig vas om die hartvorm te behou voor jy verder werk.  Gebruik die tang hiervoor.

Draai dan nog draad van die rol af wat jy in allerhande krulvorms platdruk binne die hartvorm wat jy vroeër gemaak het.

Hou so vol tot die hele hart eweredig vol krulle is, knip die draad af en heg die los punt stewig aan die raamwerk vas. Spuit die hart met swart verf wat nie blink nie en jy is klaar.

Versier die hart verder met stukkies lint, knope of blomme as jy wil en hang dit voor 'n venster of stal dit êrens in jou huis uit.


Voltooide harte
Lint vir versiering
Draad rol
draadharte

Lees Ook: