23 Januarie 2013: Marlize se bottelvase

Pragtige vase uit ou botteltjies gemaak.

 

Pastelbotteltjies

WENK: Die idee is om die verf so aan te wend dat dit lyk asof die items daarin gedoop is.

Benodigdhede:
Skoon glasbotteltjies
Pastelverf – gewone pva of handwerkverf
Sponskwassie of twee
Houers om verf in te gooi
‘n Bak met sand

Metode:
Gooi die verf in die houers waarin jy die botteltjies gaan doop. Gooi genoeg in dat die verf kan opstoot aan die kante van die botteljies wat jy daarin druk. Druk die bottels in en haal uit. Gebruik die sponskwassie om die ekstra verf van die botteljies af te vee en sorg dat jy ‘n gladde afwerking kry. Doop ‘n tweede keer as jy dink dis nodig. Keer die botteljies om en druk dit in die sand om regop te bly tot hulle droog is.


Lees Ook: