22 Desember 2010: Plekaanwysers

Kartonvormpie Jy kan die kaartjies koop, maar vandag wys handwerk-ghoeroe Marlize Lotz hoe om jou eie te maak. Hulle is boonop dié wat gewoonlik die meeste aandag lok.

'n Oulike idee is om jou eie vorms uit dik karton te sny of plakboekvorms te gebruik wat jy met swartbordverf verf om die gevoel van 'n klein swartbord te gee.

Jy benodig
dik karton
plakboekvorms
skêr
wit potlood
koerantpapier, om die werksarea te beskerm
verfkwas
swartbordverf
alkantkleefkband

Begin deur die plakboekvorms op die dik karton af te trek en uit te knip. Onthou om 'n vormpie te gebruik wat by jou tafel se tema pas. Plaas dan jou vormpies op die vel koerantpapier en verf dit met 'n lagie swartbordverf. Onthou om die vormpie se agterkant en sye ook te verf. Laat toe om goed droog te word. Swartbordverf is partykeer bietjie duurder, dus kan jy enige verf met ʼn waterbasis gebruik.

Sodra die verf goed droog is, kan jy jou gaste se name met wit bordkryt of 'n wit potlood daarop aandui. Gebruik dan die alkantkleefband om jou naamkaartjies op 'n mooi stukkie lint, plekmatjie of sommer 'n wynglas aan te bring.

Die lekkerte van hiérdie naamkaartjies is dat jy hulle oor en oor kan gebruik.
Verf kartonvormpie swart
Skryf naam op kartonvormpie vir plekaanwysing
naam kaartjie op plekmatjie
   

Lees Ook: