2 Februarie 2011: Marlize Lotz, Swartbordraampies

verskillende ou raampies Máár, as jy hierdie twee idees kombineer skep jy 'n baie oulike dekoreffek vir enige vaal muur.

Jy benodig
Houtrame, in verskillende groottes, vorms en style
Grys onderlaag (spuitverf)
Skuurpapier
Droë kwas
Supawood, gesny om in elk van die rame te pas
Swartbordverf
Sponsverfrollertjie
Gom

Die swartbord verf neem gewoonlik heelwat langer as die grys onderlaag om droog te word. Begin dus deur al jou Supawood-stukkies met die swartbordverf te verf en laat droog word.

Terwyl jou swartbordverf droog word, kan jy begin om jou raampies liggies af te skuur. Die doel hiervan is dat die grys onderlaag beter aan die houtraampies vaskleef. Vee daarna die raampies met die droë kwas af. Jy hoef nie die rame heeltemal af te skuur nie, jy soek basies net 'n growwe oppervlak vir die verf om aan vas te kleef.

Nou kan jy jou raampies 'n lagie grys onderlaag gee. Marlize gebruik die grys spuitverf as onderlaag omdat dit meeste oppervlaktes mooi egalig bedek. As jy van die grys kleur hou, kan jy dit net so los. Anders moet jy wag dat die onderlaag droog is voordat jy dit met jou gekose kleur verf.

Vir 'n meer verouderde afwerking, kan jy die raampies se hoekies en kante effens afskuur.

Wanneer dit droog is, kan jy die reeds geverfde, en droë, Supawood-stukkies agter die raampies vasgom en teen die muur opsit. Daar is nie 'n regte of verkeerde manier om die raampies te rangskik nie, wat ook al vir jou mooi lyk, is perfek!

Versier jou swartbordjies met gekleurde bordkryt vir 'n laaste bietjie afronding.
Marlize lotz met klomp swartbordraampies teen muur
Ou houtraampies opmekaar
Rollertjie met swartverf
Stof ou raampie met kwas af
 

Lees Ook: