19 Januarie 2011: Gnocchi

Aartappels in pot met water (Bedien 4-6)

600 g aartappels, gekook in gesoute water (met vel)
2 eiergele
300 g gesifte koekmeelblom

Sny die heel gekookte aartappels in die helfte, verwyder die skil en druk die binneste van die aartappel deur ʼn sif. Werk die eiergeel en die gesifte meel versigtig in terwyl die aartappel nog warm is en werk alles saam totdat ʼn ligte deeg vorm. As die deeg ʼn bietjie nat is, sit nog meel by. Sny die deeg in 4 en rol elke stuk in ʼn silinder (3 cm in dikte). Sny die deeg in 3 cm-stukkies en prik met ʼn vurk. Plaas in kokende soutwater en haal uit wanneer dit na die oppervlak beweeg. Sit dit dadelik in yswater om die kookproses te stop. Verhit die gnocchi wanneer jy reg is om dit met jou gunsteling sous te bedien.

Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.
Rolletjie gnocchi deeg
Gnocchi deeg stukkies
   

Lees Ook: