16 Maart 2011: Papierlampskerm

Lampie met koord en skakelaar Handwerk-ghoeroe Marlize Lotz deel met ons 'n oulike idee vir papierlampskerms wat amper soos die ontwerper, Tord Boontje, se skeppings lyk.

Jy benodig:
Papierdoilies, plakboektipe
Rolletjie ferm, deursigtige plastiek
Balpuntpen
Krammasjientjie
Skêr
Skroewedraaier
Koord
Gloeilamp

Begin deur die plastiekvel om die gloeilamp te vou en merk vir jou 'n gedeelte uit om 'n kleiner lampskermpie te vorm.

Sny die oortollige plastiek af en kram dit vas. Hierdie skermpie sal verhoed dat die papier dalk aan die brand slaan as die gloeilamp baie warm word.

Sny dele van die doilies uit en maak seker dat jy langer en korter dele van verskillende groottes het. Ryg nou die verskillende dele aan die koord en volg op met die plastieklampskermpie, die gloeilampbasis en die gloeilamp.

Hang die lampskerm en skuif al die afsonderlike dele reg tot jy tevrede is. Jy kan dit ook 'n bietjie buig om dit meer interessant te laat lyk.
Sny papierdoilies vir lampskerm
Ryg papierdoilie stringe aan lampiekoord
Papierlampskerm vir hanglamp uit dak
 

Lees Ook: