14 Maart 2012: Ou boomstomp

Willie maak 'n ou boomstomp

As jy 'n pragtige ou stuk hout iewers in die veld optel, gebruik dit as 'n “boom” in jou tuin. Willie het 'n ysterraamwerk vir die stomp gebou en met drie skroewe vasgebout. Jy kan dit egter ook in die tuin “plant” as jy 'n permanente posisie in gedagte het.

Om die boomstomp te versier – gebruik 'n paar ysterringe waarin 'n potjie met 'n plant van jou keuse kan pas. Boor gate eweredig oor die stam van die boomstomp en skroef die ysterringe in. Die potplante dien nou as die boom se nuwe “blare”. Gebruik staatmakers soos malvas, pergonias en angeliere. Meerjarige plante wat maklik versorgbaar is, werk die beste en sal deur die jaar vir kleur aan jou boomstomp sorg.

Vir 'n bietjie ekstra sprankel kan jy ook 'n haak of twee inskroef waaraan 'n voëlvoerder gehang kan word om boonop geveerdes na die boomstomp aan te lok.

Willie maak 'n ou boomstomp
   

Lees Ook: