14 Desember 2011: Willie maak kersbome

kersboom self maak

Vestig 'n kersboom buite wat jaar na jaar gebruik kan word. Gebruik 'n driehoekvormige ysterraam wat oor 'n plant geplaas word sodat die plant stelselmatig daarteen kan oprank om die vorm van 'n kersboom aan te neem. Willie wys 'n kleinblaar-klimop boompie wat sy trots is. 

Die tweede idee is om 'n hele paar afvalstukke hout in die vorm van 'n kersboom vas te timmer. Hou 'n driehoek ingedagte en begin onder met die langste stuk hout. Werk stelselmatig na bo en maak die stukkies hout elke keer korter. Jy kan self besluit hoe hoog die houtstaander moet wees. Gebruik natuurlik 'n stutpaal in die middel om al die vertikale planke aan vas te spyker. En versier dan met potplante wat op die planke staan – spasieer hulle soos jy wil sodat dit 'n feestelike kleur en gevoel skep. 

Vir die derde idee gebruik Willie die sade van 'n garingboom. Gebruik 'n redelike lang tak waarvan die sade al droog geword het. Verwyder die meeste sade aan die onderkant, maar los 'n hele paar trosse aan die bokant. Spuitverf die tak dan in 'n kleur van jou keuse en stut dit in 'n pot met riviersand. Siedaar, 'n oorspronklike en baie ekonomiese kersboom.

Pasella bedank graag: 

Aspidistra Tuinsentrum

Willie Schmidt

T: 021 881 3494

F: 021 881 3430

E: willieschmidt@telkomsa.net

kersboom self maak
kersboom self maak
kersboom self maak
   

Lees Ook: