13 Maart 2013: Reuben se omelet

Reuben Omelet

Reuben se omelet

So maklik is dit om ‘n ordentlike omelet te maak. Hier is Reuben Riffel, ons ghoeroesjef.


Franse drie-eieromelet in minder as drie minute

Bestandele:

3 eiers

ongesoute botter

sout en peper (wit)

grasuie

drie kase

 

Dikbodem niekleefpan

Rubberspaan

Handklitser

 

Metode:

Druk drie eiers in ‘n bakkie – eiers moet diep oranje wees en wit jellierig lyk – dis vars eiers! Moenie doodklits nie, net tot effen skuimerig. Sit plan oor medium hoë hitte en sit botter in. Sodra die botter begin skuim en effens bruin word, voeg die eier by. Gooi net eers die sout en peper by voordat jy die eier in die pan gooi.

Trek die eiermengsel van buite na binne terwyl jy die pan liggies skud. So kook die eier egalig.

Lig die handvatsel op net voordat die eier deurgekook is. Strooi die vulsel op. Die klassieke Franse omelet het min kleur buite, maar Reuben hou van bietjie kleur en gee dit kans om ‘n bruinerigheid aan die buitekant te kry voordat hy dit vou en uitskep.

 

Kyk die hele insetsel hier:

Pasella bedank graag:

Reuben Riffel


Lees Ook: