12 Januarie 2011: Gepekelde vis

Gepekelde vis mengsel

Biltong en bokkoms van die Weskus is maar net twee voorbeelde van hoe ons dié oermanier van kospreservering in Suid-Afrika benut. Reuben Riffel, Pasella se sjef-ghoeroe, deel sy gunstelling gepekelde visresep met ons. Hy gebruik salm omdat dit ‘n hoë vetinhoud het sodat die vis sappig bly.

(Bedien 10-12)

2.5 kg Norweegse salmfilet, vel op, skoongemaak en grate verwyder
1 k growwe seesout
1 k bruinsuiker
1 k gemengde peperkorrels, gekap
1 e koljandersade, fyngekap
 gerasperde skil van 1 lemoen
1 k dil, fyngekap
¼ k brandewyn

Meng die sout, suiker, speserye, skil, dil en brandewyn. Plaas die vis op ‘n groot stuk waspapier (velkant onder) en bedek dit behoorlik met die sout-suiker mengsel. Vou die waspapier bo-oor die vis en rol dit styf in kleefplastiek. Plaas die vis in ‘n pan, sit nog ‘n pan bo-op en pak ‘n paar  swaar blikkies binne-in. Plaas 12 uur in die yskas. Haal die blikgewiggies af en vou die vis versigtig oop. Gebruik ‘n lappie wat in olyfolie gedoop is om die pekelmengsel af te vee. Sny die vis in dun repies en bedien saam met vars brood en slaai. Die vis kan omtrent 3 dae in die yskas gehou word.

Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.

Gepekelde vis in bak
Sny gepekelde vis
   

Lees Ook: