10 November 2010: Anglo-Oosterse keramiek

Jo-Marie Rabe oor Anglo-Oosterse keramiek

Die term Anglo-Oosterse Keramiek word gebruik om hierdie style van die ander kontemporêre keramiekstyle te onderskei.

Die Anglo-Oosterse styl is sterk deur die 5 000 jaar oue Japannese tradisie beïnvloed. Baie van die tegnieke en glassure wat daardie tyd gebruik is, word vandag nog gebruik. Hierdie styl het op 'n interessante manier by ons uitgekom.

In 1940 skryf die wêreldbekende Britse pottebakker Bernard Leach A Potter's Book oor sy wedervaringe in Japan. Hy het na die laaste van die ou Japannese meesters gaan soek om by hulle te gaan leer. Hy was bang dat die geheime van pottemaak besig was om uit te sterf.

'n Hele geslag pottebakkers het in hierdie styl begin werk. Van die vele groot name is Hyme Rabinowitz, Esisa Bosch, Tim Morris en Andrew Walford. Die invloed van die Japannese meester, is duidelik in hul werke sigbaar.

Waarmerke op Anglo-Oosterse Keramiek is nie gestandaardiseer nie. Meeste van die pottebakkers het hul keramiek met voorletters gewaarmerk. Die geskryfde AW is een van Andrew Walford se gunsteling-merkmetodes, terwyl Tim Morris 'n stempel met die voorletters TM gebruik het.

Sommige kunstenaars het hulle naam voluit geskryf en ander het 'n embleem soos 'n vis of iets meer abstrak as waarmerk gekies. Daar is letterlik honderde waarmerke, maar gelukkig het daar onlangs 'n boek verskyn waarin bykans al die plaaslike pottebakkers wat oor die afgelope 50 jaar studio-keramiek gemaak het, se name en waarmerke geboekstaaf is.

 


Anglo-Oosterse keramiek waarmerke
Jo-Marie Rabe op Pasella
Keramiek waarmerke boek
Anglo-Oosterse keramiek ware
 
 
   

Lees Ook: