Pasella verf Clanwilliam rooi vir ons kyker keuse episode

03 Augustus 2019

Vir ons tweedelaaste episode van seisoen 27 fokus Pasella op kykerskeuses.

Ruwaydah Swartz, ‘n polisievrou van Kaapstad, het Clanwilliam as bestemming voorgestel. Die aktrise Ingrid Paulus, of te wel, Vanessa Meintjies van 7de Laan is een van Ruwaydah se gunsteling sepie-karakters en sy kry die geleentheid om haar beter te leer ken. 

Kom kuier saam met Pasella, drie kykers en drie bekendes op drie avonture, Woensdag 19:30 op SABC2.